dot

Sola

Sola Gratia Musiek is geleë in Brackenfell, Kaapstad.

SOLA GRATIA beteken alleen uit genade

Ons het 'n volledige opname ateljee.

Spesialiseer in die volgende genres: Pop, Afrikaans, Kontemporêr, ligte musiek asook moontlik in die toekoms BAROK.

Ons maak gebruik van sintetiseerders, asook lewendige instrumente waar nodig. Ons het op hierdie stadium nie die fasiliteite vir Kore, Orkeste of groot groepe nie. Miskien anderdag.

Alle opnames geskied alles in die digitale domein.

Toerusting sluit in :
Yamaha O1V96 Digitale menger met ingeboude effekte, compressors, gates ens.

WaMi Rack 8 kanaal klank kaart
Korg X5D sintetiseerder
Roland XP30 (Expanded) sintetiseerder
Rode NT1
Rode NT2

Opnames geskied op rekenaar - Pentium Dual 3000 1G DDR2 RAM op 2 x 160G en 120G Hardeskywe

Opnames word gedoen in Cakewalk Sonar
Daar word ook gebruik gemaak van "Sampling" asook sagteware sintetiseerders.

Meesterwerk geskied in Sound Forge 8. en word na CD geskryf met Sonic Foundry se CD Architect.


Ons doen en verskaf ook klank vir verskeie kunstenaars tydens publieke optredes.