RSA Talent produksies het in Mei 2003 die lig gesien. Aan die hoof van hierdie produksiemaatskappy staan Riana van Wyk, sangeres, sangonderwyseres en promotor.
RSA Talent is gestig om aan opkomende nuwe talent daarbuite die geleentheid te bied om hulle merk te maak in die musiek-industrie. Alhoewel hoofsaaklik sangers en sangeresse bemark gaan word, staan die geleentheid oop vir alle vorme van talent – van dansers tot komediante.
RSA Talent poog om in die toekoms blootstellings-geleenthede te bied aan amateur en semi-professionele kunstenaars in Suid-Afrika.
Dit is die doel en mikpunt van RSA Talent om hierdie kunstenaars op te lei, te bemark en te bestuur sodat die publiek kan sien dat daar 'n magdom talentvolle kunstenaars is wie se fokuspunt die aanbieding van smaakvolle vermaak is. Dit is dus nie altyd nodig om derduisende rande te spandeer om professionele standaard vermaak aan te bied nie.
Hierdie kunstenaars kan dus teen 'n semi-professionele fooi 'n professionele diens lewer.
RSA Talent gaan slegs 'n handvol gekeurde kunstenaars bemark.
Die kunstenaars van RSA Talent sal met die bekendes van Suid Afrikaanse talent en kunstenaars kan saampraat sover dit kwaliteit aanbetref.
Jarelange ondervinding in die musiek en vermaaklikheidsbedryf gee aan RSA Talent die fondament om ons kunstenaars voor te berei en op te lei tot 'n uitnemende vlak van professionaliteit met die fokus op gesinsvermaak wat die gehoor en publiek vermaak, terwyl die kunstenaars dit geniet.
Hierdie kunstenaars is beskikbaar vir optredes landwyd en word bestuur deur die sangeres en sangonderwyseres, RIANA VAN WYK.
Indien U verdere inligting wil bekom of van die kunstenaars wil bespreek, kan U ons kontak by riana@rsatalent.com
U is ook welkom om ons te skakel by 0824476737