Weg is ons

 

Weg is ons, weg is ons

Op ‘n heerlike sonnige dag

Ons is oppad – weg van die stad

Dis die dat ons seker so lag

Weg is ons, weg is ons

Al lanks die telefoonlyn

Ver oor die veld waar blou krans smelt

Op pad na die Krugerwildtuin

 

KOOR:

Heeldag soek ons voëls en diere

Snags in die kamp braai ons wors

Alles smaak so heerlik om vure

Elke krummel en kors

Weg is ons, weg is ons

Elke boom, elke voël, elke dier

Van die Balule hek tot die laaste plek

Verskaf aan ons almal plesier

 

[ LEAD ]

 

[ KOOR ]

 

Verskaf aan ons almal plesier!