Vyf klein paddatjies

 

Vyf klein paddatjies  sit op ‘n brug

Een val af  -  en kom nie terug

Vier klein paddatjies swem in die voor

Een swem te ver  -  en drie bly oor

Drie klein paddatjies spring na die see

Een duik diep  -  en nou’s daar twee

Twee klein paddatjies dans in die reën

Sy maat word moeg  -  en nou’s daar een

Een klein paddatjie kwaak op die stoep

Wat hoor hy daar

Sy vier maats roep

Vyf klein paddatjies weer bymekaar

Hoor net hoe hul saam baljaar

Vyf klein paddatjies weer bymekaar

Hoor net hoe hul saam baljaar