Toemaar, die Donker Man

 

Op die groen voetpad van die horison ver,

Op die aarde, skat, stap ‘n ou man,

Wat ‘n oop maan dra in sy hare,

Nagtegaal in sy hart,

Jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat,

En ‘n rug gebuk aan sy jare;

‘n Rug gebuk aan sy jare.

 

Wat maak hy, Mammie? (2x)

 

Hy roep die kriekies,

Hy roep die swart, stilte wat sing soos die biesies my hart,

En die sterre wat klop tok-tok, Liefling,

Soos die klein toktokkies in hul fyn, ver kring.

 

Wat is sy naam, Mammie? (2x)

 

Sy naam is Sjuut

Sy naam is Slaap, Meneer Vergeet

Uit die land van Vaak.

Sy naam is Toemaar, hy heet, my lam:

Toemaar, die Donker Man (2x)