Tjoeke tjoeke paf

 

KOOR:

Tjoeke tjoeke paf, tjoeke tjoeke paf paf

Kyk hoe ry ons op die baba trein

Opdraend op, afdraend af

Tjoeke paffe paffe op 'n stywe draf

 

[ KOOR ]

 

 Magie rond en oë rek

As hy waentjies rond moet trek

Sug en steun en swoeg so swaar

Maar hy's nou-nou amper daar

 

[ KOOR ]

 

 Mamma-stasie wag vir hom

Dat hy gou moet huis toe kom

Steenkoolbredie moet hy eet

Dit is goed vir sy dieët

 

[ KOOR ]

 

 Hy is poegaai rond gery

By die dorp en plaas verby

Hy gaan gou-gou stoom afblaas

Dan maak hy 'n groot geraas

 

[ KOOR 2 KEER ]

 

Tjoeke paffe paffe op 'n stywe draf (2x)