Straattroebadoere
Tussen die donker geheime van die nag
speel die straattoebadoere
konka-concerto’s vir die Suiderkruis,
melkweg en maan.
Hartseer konsertinas vir die gloeikoolballerinas
van die straattroebadoere.
En die prinse van die boendoe,
die grammadoelaboendoe verlang.
En die vure in hul oë wys waar die
Dixielandparadys hang.
Stap saam deur Diagonaalstraat.
Stap saam na waar die nagwagte praat.
Stap saam waar die straattroebadoere
oor verlange in hul hart sit en praat.
Stap saam deur Diagonaalstraat.
Stap saam na waar die nagwagte praat.
Stap saam waar die straattroebadoere
Die twintigste eeu agterlaat.