Ry
veilig met Nakkie, die nar
Al ry jy ook al waar
Daar’s
altyd maar gevaar
Motors
jaag verby – hulle druk jou soms opsy
Maar
as jy net sal let
op
die raad wat Nakkie het
dan
ry ons almal veilig
ek
en jy
Ry
veilig, ry veilig met Nakkie die Nar
Hou
die motors dop
Gebruik
jou oë en kop
Gehoorsaam
al die reëls en onthou wat hy jou leer
Ry
veilig saam met Nakkie die Nar
Op
jou fiets is jy net soos die wind so vry
Luister
en onthou, ‘n ongeluk kom gou
Ou
Nakkie is jou maat
so
luister na sy raad
dan
ry ons almal veilig
ver
van kwaad
Ry
veilig, ry veilig met Nakkie die Nar
Hou
die motors dop
Gebruik
jou oë en kop
Gehoorsaam
al die reëls en onthou wat hy jou leer
Ry
veilig saam met Nakkie die Nar
Kyk
regs, kyk links, kyk dan weer regs
stap
veilig oor die straat
Dapper
Jan is dooie Jan
Hy
draai sy rug op goeie raad
Ry
veilig, ry veilig met Nakkie die Nar
Hou
die motors dop
Gebruik
jou oë en kop
Gehoorsaam
al die reëls en onthou wat hy jou leer
Ry
veilig saam met Nakkie die Nar
Ry
veilig saam met Nakkie die Nar