Pikkewyn

 

Toe ons nog almal pikkies was – toe leer ons in die skool

Daai diertjie met die donker jas is in werklikheid ‘n voël

Ons juffrou vra my beste maat – ken jy sy naam my klong

Ou Roelie was ‘n grapjas met ‘n komper op sy tong

 

Pikkewyn,  Pikkewyn

Pikkewyn,  Pikkewyn

Pikkewyn,  Pikkewyn

Daar waar die see so spoel en die son so skyn

Pikkewyn

 

Hy’t klein skub vlerkies, kan nie vlieg

Hy waggel oor die grond

Hy bly suid van die ewenaar, daar swem hy rond en bont

Ons was vir jou ‘n lekker klomp – van kleins af almal saam

As juffrou uit die klas is skree ons

Roelie – was sy naam

 

Pikkewyn,  Pikkewyn

Pikkewyn,  Pikkewyn

Pikkewyn,  Pikkewyn

Daar waar die see so spoel en die son so skyn

Pikkewyn

 

Dis snaaks, ek droom gistraand weer van die rotse skuil in die see

Ons is almal pikkewyne – geen skool – geen huiswerk, nee

Ons gaap en slaap en brom en raas, nes in die parlement

‘n Pikkewyn kolonie ja, en ou Roelies – president!

 

Pikkewyn,  Pikkewyn

Pikkewyn,  Pikkewyn

Pikkewyn,  Pikkewyn

Daar waar die see so spoel en die son so skyn

Pikkewyn