Piet-my-vrou
Piet-my-vrou, Piet-my-vrou,
Piet-my-vrou, sê my gou
waar’s jy nou
Piet-my-vrou sê my nou
waar gaan jy hierdie jaar jou nessie bou
Wat traak dit jou waar ek
my nessie bou
Ek sal my nes kies, staan
maar net opsy
Nooit sal ek sê waar ek my
nessie bou
Anders kry die kat my in sy
klou
Piet-my-vrou, Piet-my-vrou,
Piet-my-vrou, sê my gou
waar’s jy nou
Piet-my-vrou sê my nou
waar gaan jy hierdie jaar partytjie hou
Wat maak dit saak waar ek
partytjie hou
Ek sal my pret kry – dit
nou maar van my
Nooit sal ek sê waar ek
partytjie hou
Anders sit jy my dalk in
‘n kou
[ LEAD ]
[ SLEUTELVERANDERING ]
Piet-my-vrou, Piet-my-vrou,
Piet-my-vrou, sê my gou
waar’s jy nou
Piet-my-vrou sê my nou
gaan jy dan nooit vanjaar ‘n vroutjie trou
As ek vanjaar ‘n
Piet-my-vroutjie trou
Sal ek en jy hier lekker
bruilof vier
Nooit sal ek sê of ek gaan
bruilof hou
Daarom bly ek stil, ek’s
bang vir jou
Piet-my-vrou – hoor my
nou
Waar is jy, praat met my
voor jy gly
Piet-my-vrou – ek ken jou
Jy het my lelik om die bos
gely
[ MUSIEK ]