Ons gaan dorp toe

 

Ons gaan dorp toe om inkopies te doen

Sê vir almal groete en gee vir Ouma ‘n soen

 

KOOR:

Nou gaan ons

Huppel, Huppel, Huppel, Huppel

Huppel soos ons loop

‘n Mandjie, mandjie in die handjie

vir alles wat ons gaan koop

 

Goeiemôre  Meneer Kruidenier

Hoe gaan dit nog met jou

Nee, nie te sleg nie, dankie en wat kan ek doen vir jou?

 

[ KOOR ]

 

Goeiemôre, Meneer Slagter

Hoe gaan dit nog met jou

Nee nie te sleg nie dogtertjie, en wat kan ek doen vir jou

Gee my ribbetjies en boerewors

Meneer sal seker raai

Ja, ek kan , julle’s seker van plan om buite lekker te braai….

 

[ KOOR ]

 

Goeiemôre Meneer Groentehandelaar

Hoe gaan dit nog met jou

Nee, nie nie nie nie te sleg nie dankie, en wat kan ek doen vir jou

Gee my druiwe, nartjies, piesangs, en ‘n heerlike waatlemoen

‘n Appel, ‘n peer ‘n perske, wortels, pynappels en appels en piesangs

o heerlike pampoen

o nee niks meer nie, dankie

daar’s nog inkopies te doen

 

[ KOOR ]

 

Goeiemôre Meneer Winkellier

Goeiemôre dogtertjie, en wat vandag vir jou

U U ek wil lekkers koop, maar daar’s te veel waarvan ek hou

U wel, daar’s sjokolade, tammeletjie, suigstokkie, kougom, niekerbol,

Toe wat is na jou sin

Ag dit maak ‘n mens vies as jy ietsie moet kies

En jou geldjies is maar min

 

[ KOOR ]

 

Goeiemôre Meneer Viskoper

En hoe gaan dit met jou

Ai Madam, nie te sleg nie Madam

Wat kan ek doen vir Madam vandag

Gee my vier of vyf vars harders

Ja, lekke vars harders en lekker sardiens

O baie, baie dankie

Nou’t ons klaar gekoop

En ek dink ons kan nou maar loop

Totsiens, totsiens, totsiens

 

[ HERHAAL ]

 

Joe