Nanki-pooh

 

KOOR:

Nanki-pooh,  Nanki-pooh

Maak nou jou ogies toe

More is ver nog en slapenstyd wag

Nanki-pooh,  Nanki-pooh

Maak nou jou ogies toe

Mamma sê slaap nou en mooi droom vannag

 

‘n Mensie in wording hier onder my hart

my liefde was joune, van toe af tot nou

en van die begin af het ek al gevoel

vervulling is myne – ek is nou ‘n vrou

 

[ KOOR ]

 

Jy het gekom en my lewe verander

‘n Seunskind met bruin oë soos ek altyd wou

en mag dit gegee word dat ek jou nooit vaal

vervulling is myne – ek is nou ‘n vrou

 

[ KOOR ]

 

[ SLEUTELVERANDERING ]

 

Nanki-pooh,  Nanki-pooh

Maak nou jou ogies toe

More is ver nog, en slapenstyd wag

Nanki-pooh,  my Nanki-pooh

Maak nou jou ogies toe

Mamma sê slaap nou,

En mooi droom vannag

 

Slaap sag