‘n
Liedjie vir jou
Ek dink vanaand aan
jou en aan die Wildekus se golwe.
Ek dink vanaand aan
jou en aan die eindelose strand.
Ek dink
aan rotskastele, watervalle na benede,
En beestepaadjies
sukkel oor die rand.
KOOR:
En, ek wens dat ek my
liedjie vir jou kon sing.
En ek weet dat jy die
woorde sou verstaan.
Ja, ek wens dat ek my
liedjie vir jou kon sing,
En ek weet dit sou
weer ‘n vonkel in jou oë bring.
Ek dink vanaand aan
jou en aan die Visriviervallei.
Ek dink vanaand aan
jou en aan sy kronkel-kronkel-kronkel.
Ek dink aan
stroomversnellings, aan die koue winternagte
En kampvuuraande op
die goudgeel sand.
[ KOOR ]
Ek dink vanaand aan
jou en aan die blou-blou Kaapse berge.
‘n Sprokiesland in
bleekwit op ‘n helder sterligaand.
Ek dink aan
waterpoele, wit proteas teen die hange.
Maar somtyds, vir ‘n
oomblik, net aan jou.
[ KOOR ]