Kyk na die lelies

 

Kyk na die lelies wat nooit arbei of spin

Sien jy daar's geen koning in soveel skoonheid te vind

En dink aan die swaeltjies wat nooit saai en nooit plant

En tog eet hul heerlik uit die Vader se hand

 

KOOR:

Ons het 'n Vader in die hemel daarbo

Met oë vol genade en liefde in Sy hart

En hy wil deel in jou lief en jou leed

Kyk na die lelies en dan sal jy weet

 

 

Wil jy dalk meer weet oor die vriend van my

Wie die aandster teen die lug hang

beveel die son om te skyn

Hy soen elke môre die blomme met dou

En Hy's nooit te besig om te luister na jou

 

[ KOOR ]