Kyk hoe lyk ons nou

 

Anders is ander wat altyd verander en skielik in die donker verdwyn

Lewe jy in my en lewe jy vir my en sal jy altyd voor my verskyn

 

Onder my vlerk sal daar plek vir jou wees

as jy eendag besluit dis jou huis

Iewers is daar iets wat vir my vertel

daar's 'n kans dat ons paaie sal kruis

Saam in 'n droom vir nou

eendag wys ek jou

al ons drome word waar

 

KOOR:

Kyk hoe lyk ons nou

Kyk hoe lyk ons nou

Kyk...  Hoe...  Lyk...  Ons...  Nou

Kyk hoe lyk ons nou

 

Jou ligte verdwyn in die muur van die nag en ek wonder of jy dink dit is reg

Miskien as die stilte net een van ons wees wyl die ander een bly is hy's weg

 

Niks maak so seer soos 'n klop aan die deur

en 'n stem wat klink of dit jy kan wees

Die prys van alleen wees kan eendag geseën wees

as jy aan die anderkant staan

Die prys van alleen wees kan heil in die reën wees

vir altyd as liefde vergaan

 

[ KOOR ]

 

[ EGGO ]

 

Anders is ander wat altyd verander en skielik in die donker verdwyn

Lewe jy in my en lewe jy vir my en sal jy altyd voor my verskyn

 

Kyk hoe lyk ons nou

 

[ KOOR EN EGGO ]

 

Nou!!!