Ken jy jouself

 

Ken jy die somer met sy ambergeel sambrele

Wat jou toevou in die holte van sy hand

Ken jy die sprokies in die stad van die kammas

Wat oplaas altyd vervolmaak

Maar ken jy ook die skadu's by die kind wat altyd lag

En ken jy ook sy voetseer as hy oor sy nou pad stap

En ken jy die antwoord in die oë wat vra

Weet jy, wat jy binne jou dra

 

KOOR:

Ken jy jouself, ken jy jouself

Wie jy is en wat jy graag wil wees

Ken jy jouself, ken jy jouself

Wat jy doen en hoe jy graag wil leef

 

Ken jy die stiltes wat kreun in laatdag vrede

En jou vashou in die neurie van sy hart

Ken jy die drome wat ontwaak in liefhê spore

En wat oopbot in 'n reënwit bloeisel stad

Maar ken jy ook die bitter as die mankheid nooit vervaag

En ken jy ook die seerkry as die nagte eensaam waak

En ken jy die antwoord in die oë wat vra

Weet jy wat jy binne jou dra

 

KOOR:

Ken jy jouself, ken jy jouself

Wie jy is en wat jy graag wil wees

Ken jy jouself, ken jy jouself

Wat jy glo - hoe jy voel - wat jy dink - hoe jy leef

Ken jy,  ken jy jouself

Ken jy jouself

Wie jy is en wat jy graag wil wees

Ken jy jouself, ken jy jouself

Wat jy doen en hoe jy graag wil leef

Wat jy doen en hoe jy graag wil leef