Hoe lank terug - Cora-Marie

 

Hoe lank terug het jy voor jou Vader bely

En Hom van jou sondes ontbloot

Hoe lank terug het jy op jou knieë gebly

Tot die lig die donker verstoot

 

Hoe lank is dit nou dat daar vrede weer heers

Jou hart die laste nie voel nie

Is jy waarlik Sy kind, hoe lank is dit nou

Dat jy Hom met jou bede weer vind

 

Wanneer laas het jy voor die mense bely

Dat jy glo dat Hy jou gered het

Het jy al besef Sy genade is eg

Dat 'n mens dit nooit kan verdien nie

 

Wanneer laas het jy inspirasie gekry

of het jy dalk vergeet van Hom