Hier’s my hand

 

Leef jy in vrede of is jy vol haat

Ken jy die weeldes as vreemdes vriende raak

Leef jy in 'n droom waar jy alleen bestaan

of is jy een van vele, wat neem en wat weer vra

en hier's my hand

 

KOOR:

Neem my hand, my vriend, deel my lewe

deel die son, deel die lig waarvoor ons vra

Neem my hand, my vriend, deel daardie vrede

wat elkeen van ons in ons dra

 

Kyk net verby jou, daar is soveel seer

Soms is daar wanhoop en niemand wat help keer nie

Deel jou vrybestaan, jou skadu's, deel jou seer

Steek jou hande uit, gee jouself nog meer

en hier's my hand

 

[ KOOR ]

 

Ken jy die rykdom as liefde praat

Voel jy die deernis as eenvoud aan jou raak

Kyk na die hoogtes en glo waaraan jou bou

Reik na die lig daarbo, daar's 'n plek vir jou

en hier's my hand

 

[ KOOR ]