Handjies klap

 

Handjies handjies klap klap klap

Mondjie mondjie hap hap hap

Voetjies voetjies stap stap stap

Hulle werk vir jou

Tandjies tandjies kou kou kou

Beentjies hardloop gou gou gou

Vingers vingers hou hou hou

Hulle werk vir jou

 

KOOR:

Ruggie regop – kennetjie hoog

Niemand sit so krom soos ‘n boog

Gesiggie glimlag – lippies fluit

Longe asem in en uit

 

Blikke vol met krag, krag, krag  -  Elke liewe dag, dag, dag

Jy kan lekker lag, lag, lag  -  Hulle werk vir jou

 

[ KOOR ]

 

Stemmetjie sing la, la, la  -  la la la la la la la

Tongetjie wil vragies vra – hulle werk vir jou