Gebed

 

Laat my nooit die grond verlaat nie

Laat my in U skadu bly

Gee dat elke aardse vreugde en vrees

eintlik nietig word vir my

 

Elke afdraaipaadjie ken ek

elke keer het ek gedwaal

elke keer het U my iewers kom haal

Maak dit Heer, die laaste maal

 

Elke dag is 'n gedagte

elke kamer net gehuur

elke aardse droom van reikdom en roem

net 'n skadu teen die muur

 

Wat ek is, is net genade

wat ek het, is net geleen

eintlik smag ek na die waters van rus

lei my Heer, vanaand daarheen