Ek kan sien

 

In 'n oomblik loop Hy langs my en my hart voel die rus

En die vrede, van Sy woorde want dit tref hier diep in my

 

Want Hy antwoord al my vrae en Hy ken ook al my vrees

Wat skielik, verdwyn wyl Hy hier is

 

KOOR:

Ek kan sien Wie stap met my

Ek kan hoor Wie roep my naam

Ek kan voel iets wat bruis hier in my hart

Want Sy woord tref hier diep in my

En Sy gees maak my hart weer vry

En ek weet

Ek sal nooit weer anders wees,  ek kan sien

 

Ek kon nie toelaat dat Hy moes weggaan

En toe smeek ek asseblief moenie

Kom bly nog vir die aand hier en vul ons met U Gees

 

En soos 'n prins is ek geseën,  met brood en wyn vereer

En skielik is daar iets wat ek erken

 

[ KOOR 2X ]

 

En vir daai oomblik in tyd sien ek die leegheid verdwyn

En al die glorie van Sy magdom skyn oor my

 

En vir die heel eerste maal sien ek die lig uit Sy oë straal

En ek sien die Ewigheid wat my skielik laat besef

 

[ KOOR ]