Ek is gered, bevry en genees  medley - Sarina

 

Die liefde van God hou ewig aan al sou ander jou

teleurstel

Sy liefde vergeef daar aan die kruis

Jy moet dit glo,  Hy het jou lief

Jou gebed sal Hy verhoor,  Hy wil so graag vir jou sorg

Laat die Vader jou ook lei

 

O ek weet daar's 'n Vader in die hemel

Hy red,  Hy bevry en Hy genees

Hy't Sy Seun gegee,  die Lam van God

Die Redder van wie die skrifte getuig

Vergeet al jou twyfel,  vergeet al jou vrae

En hou vas aan die waarheid

want ek weet God se Woord bly steeds

waar,  elke dag,  elke jaar

Ek is gered, bevry en genees

 

U is,  U is  -  U het gesê

U's die Alfa, die Omega, begin en einde

U is,  U is  -  U het self gesê

U's als wat ek benodig

En U is hier

 

Loof God vir wat Hy doen

Loof God vir Christus, Sy Seun

Kom nou en verheerlik Hom

Hy's heilig, heilig

Sing saam, hef jul hande op

Aan Hom kom toe die lof

Met harte vol aanbidding

Sing ons loof die Heer

Sing ons loof die Heer