Donker dae, duister vrae

 

Al die vrae, waaraan my kinders swaar moet dra

sal eendag onsekerheid wegjaag

 

Al die vrae, waaraan ek jare lank al kou

sal ruimtes met vraagtekens oorhou

 

Maar dese donker dae en duister vrae

hierdie skanse bars te gou

Daar's soveel dowwe slae teen leë mae

net die taaiste boom kan skaars nog vrugte dra

 

Al die vrae, daar's soveel vroomheid wat my pla

my hande, bewend na deugde

 

Al die vrae, kyk hoeveel mense staan verslae

'n handvol vind dit nog sinvol

 

KOOR:

Maar deur die donker dae en duister vrae

sal ek in ons drome skuil

en tussen dowwe slae en leë mae

wag ek op jou, sal ek nooit weer die kans verbrou

 

Hoe kan ek leef sonder jou, jy is my kragbron

Hoe kan ek lag sonder jou, al hierdie duister ure

 

Al die vrae, waaraan ek jare lank al knaag

sal eendag onsekerheid wegjaag

 

[ KOOR ]