Die windpomp

 

Diep in die bosveld daar doer ver

Staan ‘n windpomp dag vir dag

Die gras is droog en die son brand neer

En die beeste staan en wag

Die windpomp lyk so treurig

Hy wens die wind wil waai

Want natuurlik wil die windpomp ja

Hy wil, maar hy kan nie self draai

 

Die windpomp moet maar staan en wag tot die wind begin te waai

Want dan eers kan die windpomp begin om rond te draai

Meteens kom die wind met ‘n hoe, hoe, hoe

Deur die doringbome aan

Hy ruk en pluk oor die ope veld tot waar die windpomp staan

 

KOOR:

En die windpomp draai en die windpomp swaai

So vinnig as wat hy kan

En die windpomp draai en die windpomp swaai

En die water loop in die dam

 

Die roede werk dat die stof so staan, hulle pomp die water uit

Die windpomp lag, hy kners en kraak

Soos die water lekker spuit

 

[ MUSIEK ]

 

[ KOOR ]

 

Die roede werk dat die stof so staan, hulle pomp die water uit

Die windpomp lag, hy kners en kraak

Soos die water lekker spuit

Soos die water lekker spuit

 

[ KOOR ]