Die riekie-tiekie trein

 

Ons hou van ‘n lang skoolvakansie

As ons weer die tjoeke-tjoek moet haal

Met die riekie-tiekie tiekie trein ry ons oral

Van Kaapstad tot in die Transvaal

Ons ry deur die dorpe en stede

Terwyl ons van plek tot plek gaan

In die riekie-tiekie tiekie trein is ons vrolik

En onthou elke plekkie se naam

 

Toe Fielies, nou’s dit julle beurt

 

Dan sien ons die Bolandse berge

En die wye en vaal ou Karoo

Met die riekie-tiekie tiekie trein deur die Vrystaat

Dis heerlik dit kan julle glo

Daar’s Worcester en Laingburg en Bouford (Bouford-Wes)

En lank moes ons wag op De Aar

Maar Putsonderwater was papnat

Met die riekie-tiekie tiekie trein kom ons daar

 

Tjoeke ka tjoeke ka tjoeke tjoek tjoek tjoek tjoek

Ka tjoeke ka tjoeke  (ag hoe lekker ry ons – Fielies, asb sing nou mooi saam)

 

Natal is ‘n grasgroene wereld

Met sy berge en helderblou lug

Met sy bosse en suikerplantasies

En die hoofstad is Pieter

Hendrik Johannes

Jacobus Stephanus

Maritzburg

 

Fielies

 

Ons leer al die plekke se name

Op ons reis met die riekie-tiekie trein

Daar’s Pretoria en Welkom en Durban

En twee buffels met een skoot morsdood geskiet fontein

 

Nou’s dit weer my beurt

 

Die rand het voorstedelike treine

En stasies is naby mekaar

Daar’s Benoni en Brakpan en Boksburg

En vanaand hou die katte basaar

 

Fielies, dit het niks met die liedjie te doen nie

Ja, maar dit rym

 

Ons ken nou die plekke se name

Nou kry elkeen ‘n beurt om te sê

Ek weet van Oos-Londen en Knysna

En Mesina is baie ver

 

Mooi

 

Thaba ‘Nchu en Zeerust en Vrede

Ek verlang na my Sarie Marais

En op elke liewe kleine stasie maak ek oorlog

Want ek wil nog ‘n roomys hê

 

Ons hou van ‘n lang skoolvakansie

As ons weer die tjoeke tjoek moet haal

Met die riekie-tiekie tiekie trein ry ons oral

Van Kaapstad tot in die Transvaal

Ons ry deur die dorpe en stede

Terwyl ons van plek tot plek gaan

In die riekie-tiekie tiekie trein is ons vrolik

En onthou elke plekkie se naam