Die padda wou gaan opsit

Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, ahum

Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, ahum

Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei

Maar 'n opsitkers kon hy nêrens kry, ahum, ahum, ahum

Hy vra toe vir Vuurvlieg om sy lig uit te huur, ahum

Hy vra toe vir Vuurvlieg om sy lig uit te huur, ahum

Hy vra toe vir Vuurvlieg om sy lig uit te huur

Die vuurvlieg sê toe ja teen 'n sent 'n uur, ahum, ahum, ahum

Die twee loop toe af na die nooi se huis, ahum

Die twee loop toe af na die nooi se huis, ahum

Die twee loop toe af na die nooi se huis

Die huis in die vlei van Mejuffrou Muis, ahum, ahum, ahum

Toe Padda die vuurvlieg se lampie wou leen, ahum

Toe Padda die vuurvlieg se lampie wou leen, ahum

Toe Padda die vuurvlieg se lampie wou leen

moes hy hierdie ontstellende nuus verneem, ahum, ahum, ahum

Vuurvlieg se lig was aan sy stert vasgesweis, ahum

Vuurvlieg se lig was aan sy stert vasgesweis, ahum

Vuurvlieg se lig was aan sy stert vasgesweis

Hy sou moes opsit saam met Padda en sy muis

ahum, ahum, ahum

Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur, ahum

Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur, ahum

Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur

Want 'n opsitkers teen 'n sent 'n uur

en 'n luistervink daarby is gans te duur

ahum, ahum, ahum