Die liefde

 

Die liefde het ons nou vir altyd saamgebind

'n Liefde wat ek nooit kon vind

Jou liefde is so kosbaar en so mooi vir my

'n Liefde wat vir altyd bly

 

Ek bied jou al die liefde wat ek jou kan gee

Ek wil my hart met joune deel

'n Liefde wat ek nooit tevore kon verstaan

'n Liefde wat vir altyd bly

 

My hart sê my dat jy is deel van my

jy's alles wat die lewe my kan gee

Tesame sal ons deur die lewe gaan

'n Lewe wat ek glo kon nooit bestaan

 

'n Liefde wat ons harte altyd saam sal bind

'n Liefde net vir jou en my

Ek kan geen mooier liefdesvreugde ooit onthou

En daarom deel ek dit met jou

 

My hart sê my dat jy is deel van my

jy's alles wat die lewe my kan gee

Tesame sal ons deur die lewe gaan

'n Liefde wat ons twee verstaan

 

Liefde wat vir altyd bly

Sal bly