Die fontein van lewend water

 

Met diep verlange smag ek om te drink uit die fontein

waar my siel se dors geles word

Ewig blywend - ewig pyn

 

KOOR:

Halleluja nou ken ek Hom

wie my siel graag wou ontmoet

Jesus gee wat ek verlang het

en my reinig deur Sy bloed

 

Lank het ek op niks geleef

in my eie krag gestry

maar iets diep in my strewe

na 'n vrede wat kon bly

 

[ KOOR ]

 

Die fontein van lewend water

lewensbrood so ryk en vry

en 'n rykdom onverganklik

is my Heiland vir my

 

[ KOOR ]