Die eensame krokodil

 

Die krokodil se hart is seer

Kom ons vra hom wat makeer

Hy’s te yslik groot en lank

Om nog so te lê en tjank

 

KOOR:

Oooooh..

Ek is ‘n eensame krokodil

Mense kyk vir my en gril

Ek soek maters hoog en laag,

Maar almal sê ek vreet te graag

 

Stilletjies hier op my plek

Kyk hoe mooi en soet is ek

Kom maar naby want ek hou

Elke oomblik meer van jou

 

[ KOOR ]

 

Spring maar gou die water in

Jy is baie na my sin

Kom nou laat ons kennis maak

Ons vriendskap sal so lekker smaak

 

[ KOOR ]

 

(Vrou)

O krokodil jy wil my vang

Maar ek is vir jou te bang

Kennis maak op jou manier

Nee weg is ek tot siens ou dier

 

Oooooohhh

Ek is ‘n eensame krokodil

Mense kyk vir my en gril

Ek soek maters hoog en laag,

Maar almal sê ek vreet te graag

Huhuhuhuhuhuhuh