Die
dapper muis
KOOR:
Ek's
'n dapper muis - kyk hoe stap ek deur die huis
En
daar's niks waarvoor ek skrik nie
Vir
niemand is ek bang daar is niks wat my
Nee
daar's niks waarvoor ek skrik nie
En
sê nou daar's 'n kat
Oe
'n kat!
Ja
'n kat met 'n huis wat altyd hunker na 'n muis
Ag
nou ja
Buiten
vir 'n kat
Is
daar niks waarvoor ek skrik nie
[
KOOR ]
En
sê nou daar's 'n valletjie
Oe
'n valletjie!
Ja
'n ding wat val met 'n gruwelike knal
Ag
nou ja
Buiten
vir 'n kat en 'n valletjie
Is
daar niks waarvoor ek skrik nie
[
KOOR ]
En
se nou daar's 'n uil
Oe
'n uil!
Ja
'n uil van wie muise altyd skuil
Ag
nou ja
Buiten
vir 'n kat en 'n valletjie en 'n uil
Is
daar niks waarvoor ek skrik nie
En
wat van 'n lawaai - soos 'n haan wat kraai
En
'n gebreek en 'n gekraak en iets wat tjiep-tjiep maak
En
'n geklingel en 'n getingel en 'n gekletter en 'n geknetter
En
'n boems en 'n kardoems
Waar's
jy?
O
– buiten vir 'n kat met 'n gryns wat altyd hunker na 'n muis en 'n ding wat
val met 'n gruwelike knal en 'n uil in die nag wat vir muise sit en wag en 'n
huis met 'n lawaai soos 'n haan wat kraai
'n
Gebreek, 'n gekraak, iets wat tjiep-tjiep maak
'n
Getjingel, 'n getingel, 'n gekletter, 'n geknetter
En
'n boem en 'n kardoems
Oe-eee!
Is
daar niks waarvoor ek skrik nie
JY
JOK……