Die Melkweg se gange

 

In die Melkweg se gange is daar wonders vasgevang

Sy majesteit in sterreprag, die maan en ook die son

In ligjare so ver en tog oneindig na

so is die Heiland se nabyheid as jy uitreik na Hom

 

KOOR:

So naby steek jou hande uit

As jy aan Sy kleed wil raak

Selfs al sluit jy sag jou oë

Voel jy al Sy glorie aan

En jy weet Hy sal by jou staan

 

Die see se dieptes groot, onpeilbaar donker stroom

Berge en woestyne prag, getroon deur Sy krag

Oneindig in Sy mag, deur Sy hand geskep vir ons

Voel die Heiland se nabyheid as jy uitreik na Hom

 [ KOOR ]

  [  LEAD ]

  [ KOOR ]

  [ LAASTE REëL VAN KOOR 3X ]