Deurdruk dag toe

 

Oom Frikkie se skurwe vingers gryp, die Ingelse

konsertina vas

die banjo's en kitare, gryp ‘n hartseer lekker boerewals

Die misvloer is geskop, en my bokkie skoffel styf teen my

Ons maak so in die Bosveld-kontrei

 

KOOR:

Deurdruk dag toe...

Bokkie ek is so lief vir jou (x3)

Deurdruk dag toe...

Bokkie as jy my so lekker soen

weet jy wat jy aan my hart doen

 

Ta' Sien staan gereed, met die vetkoek en die boerbeskuit

Omies snuif eenkant, ewe skelm aan die perskewyn

Die Ingelse moenie skrik nie, ons hou net ‘n boerparty

Ons maak so in die Bosveld-kontrei

   

 

http://www.rsatalent.com