Blinkoog-voeltjie

 

Babbel en skel en roep maar

Kap en krabbel en krap

Jy kan raas en rumoer en skree nes jy wil

Maar buite gaan jy bly

 

Knip maar jou pikswarte ogies

Wip maar op en af

Jy kan knor en mompel en mor nes jy wil

Maar buite gaan jy bly

 

KOOR:

Ek sien vir jou deur die ruit

Jy wil hier in - ek wil hier uit

Maar die feit bly staan ek gaan jou buite hou

Want blinkoog-voeltjie

Jou lewe is buite in die wind en son

 

Soek 'n kolletjie son en bak

Koel dan maar af in die bries

Wat ek vir jou doen is vir jou eie beswil

En jy moet buite bly

 

[ KOOR ]

 

Sprei maar jou vlerkies - sweef en wees vry

Waardeer dat jy buite bly

 

 

http://www.rsatalent.com