Bennie Boekwurm

 

Ek is die speelkamer se Bennie

Daar is geen storie wat ek nie ken nie

Hier in my huisie onder die grond

Staan storieboeke oral rond

Bo-op die lessenaar en op die rak

Dis boeke hier tot reg teen die dak

 

Ek is die speelkamer se Bennie

Daar is geen storie wat ek nie ken nie

Stories vertel dis waarvan ek hou

As hulle roep gaan ek tog gou

Al met die torre langs moet ek hou

En bring 'n storie net vir jou

 

Want ek is die speelkamer se Bennie

Daar is geen storie wat ek nie ken nie

 

 

 

 

http://www.rsatalent.com