As
die sirkus kom
Maandag, Dinsdag, Woensdag
ook loop die skoolwerk nes ‘n spook
oral moet ek net my beste
lewer
Optel, aftrek, maal en deel
– pleks van lag en buite speel
Dis genoeg om van te loop
en bewe
Maar een keer elke jaar
skuif ek die skoolwerk eers opsy
want dan gebeur die mooiste
ding vir my
Want as die sirkus kom
is daar ‘n vonkel in my
bloed
dis ‘n mallemeule huppel
rondomtalie
Want as die sirkus kom
Dan skou die dorp ‘n
bonte stoet
En jy mis iets as jy dit
betyds nie haal nie
‘n Leeu loer deur die
tralies – ‘n aap wat trapfiets ry
en agter by die perde sal
jy my altyd kry
Want as die sirkus kom is
almal daar
En selfs Meneer vergeet van
huiswerk gee, voorwaar
Groot trom tromme speel
‘n mars
Blinkvoet stewels, kreun en
knars
Vrolikheid op note deur die
strate
Apies spring van wa tot wa
Groot en klein loop agterna
Perde stap kierts regop
soos soldate
En iewers gaan ‘n tent
verrys met seile spikkelbont
Ek moet daar wees, al sit
ek op die grond
Maar as die sirkus ry
Verdwyn die vonkel uit my
bloed
Ek het moeite met my
hartklop en my trane
Want as die sirkus ry
Sien ek die lange bont
stoet
Weet ek sirkuspret is weg
vir baie maande
Die meisies op die toue,
die waens op ‘n ry
Aanstaande jaar sal jy my
verseker weer daar kry
Want as die sirkus kom is
almal daar
Meneer