Al was ek nie daar nie

 

Al was ek nie daar nie – ek weet dit is waar

Die krip en Maria met die kindjie by haar

Dis asof die engel die boodskap nog bring

Van Jesus Sy vrede wat harte laat sing

 

Al kan ek Hom nie sien nie – tog weet ek Hy’s daar

Omdat ek God se liefde in my lewe ervaar

O kom nou, Here Jesus en maak my hart skoon

Dat U ook as Koning in my kan woon