Al is dit winter

 

Ek staan en kyk deur die venster, ek kyk na die reën

Die wêreld is nat en die winter se vere groei een vir een

Die swaeltjies se laaste gesange sterf weg oor die see

Die bome se klerekombers is besig om oor te gee

Alles tree vir tree

 

KOOR:

êrens in my hart lê jy en al jou vuur

dit brand my wese

Dit klou aan elke leë vertrek hier in my siel

verdryf my vrese

Binne-in my woon die son

Dit bly net somer

Ek bly 'n dromer

Ek ken geen winter nie

 

Die wind kan maar waai en die maan oor die berge verdwyn

Die weerlig se vlegsels kan slaap tot vuur in die veld verskyn

Die sterre kan skyn, vir weke lank agter die grou

en die donker kan skuil waar hy wil en woon in sy winterjas

Ek weet wat is en was

 

[ KOOR ]

 

[ Sleutelverandering  ]

 

[ KOOR ]

 

 

 

 

http://www.rsatalent.com