Aanbiddingslied

 

O Heer, ek buig hier voor U neer

want U is groot bo almal

U is my Koning en Heerser

 

Praat, O Heer kom praat met my

want U weet hoe ek voel en kom vul my en hou my by U tot die einde

 

KOOR:

Dis waar

Ek buig tot U

die lewe, en die volheid, wees U my Here

Is ek alleen in 'n donker nag weet ek U wag vir altyd Heer

altyd oor my

 

 

Elke traan, dit wys U het my lief

Ek wil graag by U wees

want U is my Koning en Heerser

 

Laat, o laat U wil geskied

en doen met my slegs net wat U wil

want ek weet U's die weg en die waarheid

 

[ KOOR ]

 

Ja, ek weet U wag

vir altyd

oor my..................

 

 

 

 

http://www.rsatalent.com